FB Twitter
Market with Brendan Peyper & Band online ticket sales
Market with Brendan Peyper & Band Banner

Ticket sales are closed


Market with Brendan Peyper & Band

Day / Night market with Brendan Peyper and Band

Event Organiser: Event Ladies SA

Event Info

TAKE NOTE this event will no longer take place. Our market will start at 9h00 and run until the end of the concert. So come browse the market with something for everyone. BRENDAN PEYPER SE NUWE ALBUM, “DIS NIE SONDE NIE” – SO LEKKER DAT DIT DALK BEHÓÓRT TE WEES! Sedert Brendan Peyper se verskyning op die Suid-Afrikaanse musiektoneel drie jaar gelede, stoom sy loopbaan met mening, en tonne sukses, voort. Met sy eksplosiewe nuwe album “ “Dis Dis nie nie sonde sonde nie nie” ”, gooi hy selfs nóg kole by ‘n reeds witwarm vuur! Die onmiskenbare Brendan-vonk vloei sterk in die album se are, met polsende ritmes, liriek, melodie en harmonie wat jou in amper anthemstyl aanspoor om die lewe en liefde meer voluit aan te gryp en werklik te lééf. Die dertien snitte wat dit omvou dra elkeen hul gevoelens op die mou en borrel oor met aansteeklike energie, vryheid en perkeloosheid – die tipe ding wat jou sal optel in watter bui jy ookal is; jou opnuut sal laat besef dat dit als behalwe taboe is om een honderd persent jouself te wees en die mense en dinge wat jou hart gelukkig maak na te jaag. Hoë tempo snitte soos die titelsnit, “Maak die perde los”, “Jy laat dit maklik lyk”, “Klim jou Everest”, “Vir nou” en “Reg soos ‘n roer” word goed afgewissel met effens rustiger liedjies soos “Mooi” en “Vat aan my”, die Carpe Diem-snit, “Die lewe’s te kort”, en die tong-in-diekies “Af die plaas af”, met die oorgrote meerderheid van snitte wat goed oorgehaal is om ‘n dansvloer behoorlik blink te vryf!

Event Details

Start 2019-09-28 09:00

End Date 2019-09-28 22:00

Malcolm Rd

Poortview

Roodepoort

Extra Info

Event Organiser Details:
Event Ladies SA
[email protected]

Event Type:
Music


Entry Age: NONE


Location:
GPS Coordinates:
Google Map Link